Friday 26 September 2014

Ja ja Ja

Op die 24ste Junie het ek gegly en geval ek was nog in die 30 dae wag periode aangesien ek die 1ste Junie 2014 aangesluit het. Wat ek nie verstaan het is dat ek die ongeluksvoordeel kon gebruik het maar die oproep sentrum het nie eers 'n aantekening gemaak dat ek gebel het die 24ste Junie en navraag gedoen het wat om te doen nie. Intussen is dit al vandag die 21ste Augustus my enkel het nog nie aangegroei nie ek het die Drs verslag gestuur om die Ortopeet te sien maar ek het vandag self die Ortopeet betaal. Die Ortopeet het 'n MR scan versoek aangesien hy nie op die plate alles kan sien nie waar ek uitgevind het Affinity dek geen scans nie net x-strale. Chantal Boylan by die call centre is die enigste hulp sover. Dit is kommerwekkend dat mens hierdie valse hoop en vertroosting het om te dink jy het dekking as daar iets gebeur maar dit is nie waar nie. Ek was ook meegedeel enige hospitaal maar dan kom jy by die hospitaal dan behandel hulle jou as 'n privaat pasient. Jy het hierdie wanpersepsie oor die goedkoper premie maar intussen betaal jy baie meer jy kan net sowel 'n ordentlike mediese fonds uitneem wat alles dek as om so baie bybetalings te he.

No comments:

Post a Comment